0:00
/
0:00
Transcript

Lees saam deur Soekenjin 3: 2018 - a year in search

Op soek na rus en vrede
[Disclaimer: Die video is chaotic. Dis soos daai classic Zoom calls op Live nuusuitsendings in die eerste weke van Covid… Verwag honde, wasgoed, shaky kamera-beweging wanneer bg. honde onder die duvet probeer inklim. Ek kan nie ophou lag nie en ek maak verskeie foute in die voorlesing - keeping it real in die Substack-tradisie van Patti Smith. Ek sal eendag 'n beter weergawe van hierdie poem record en 'n video edit, maar tot dan, this’ll have to do, pig.)

Op 'n manier is 'n Instagram account soos 'n external hard drive, of 'n memory stick. Ek probeer al heeldag iets oor 2018 onthou, want dit maak sin om oor 2018 te skryf saam met hierdie poem, right? Maar ek kan skaars onthou wat 18 dae gelede, vroeg in Januarie 2025 gebeur het - 2018 voel soos 'n ander land, 'n ander planeet, 'n ander lewe. 'n Vinnige deep dive op my boeke-Instagram het my geheue verfris. 2018 - dis alles daar op die public online memory stick.

Ek was 'n inwoner van Johannesburg en (for the most part) 'n vryskut joernalis. (Ek het seker ook TV-werk gedoen, want anders sou ek gevrek het van die honger.) Ek het 109 boeke gelees, skynbaar allerhande leesprojekkies gehad. Dit was die jaar toe Tony Hoagland dood is, toe The English Patient die Golden Booker Prize gewen het … en toe ek skynbaar DIE HELE JAAR lank vakansie gehou het. WT actual F: Ek was op vakansie in die noorde van KZN, in Mosambiek, op die tuinroete, in die Karoo, in Mauritius, in Kaapstad en in Bali. En toe kom ek gou huis toe om op die Overberg se beste strand rond te lê. Dit was 'n jaar van boeke, bikinis, en onbeskaamde R&R.

Van Bakoven tot Bali - die jaar van rustig wees en reuse hope boeke lees

Geen toeval dat dit die jaar is waarin Otessa Moshfegh se My Year of Rest and Relaxation gepubliseer is nie. Die boek gaan oor 'n vrou wat haar level best probeer om 'n hele jaar lank te slaap. Ek het dit gelees (dis befok) en skynbaar gedink dis 'n selfhelpboek en nie 'n roman nie - ek het dit UITERS letterlik opgeneem.

100% would recommend

(Ek wens ek het 'n finansiële dagboek gehou sodat ek in retrospek kan verstaan hoe ek dit als kon bekostig… Dit was duidelik ander tye.)

Ek was, toe ek die 2018 bibliografie saamstel (dis heel onder aan hierdie bladsy, just keep scrolling), verstom deur hoeveel uitstekende boeke ek daardie jaar vir die eerste maal gelees het. Van my all time favourites waaroor ek vantevore hier geskryf het soos The Overstory en Less. Circe deur Madeleine Miller, Anything is Possible deur Elizabeth Strout, The Idiot deur Elif Batuman … Ek het my eerste twee Sally Rooneys gelees (Conversations with Friends en Normal People), my eerste Olga Tokarczuk (Flights). Nog titels wat uitstaan wanneer ek terugkyk na die lys: Washington Black, An American Marriage, The Goldfinch, Educated.

Om in een jaar die besondere geluk te tref om beide Eleanor Oliphant is Completely Fine en The Night Circus vir die eerste maal te lees - can you imagine!

Beide classics. Lees dadelik. Thank me later.

Philip Pullman was my skrywer van die jaar, met vier van sy romans en 'n ongelooflike versameling essays op my kerfstok in 2018. Daar was uitstekende Afrikaanse boeke, met Die troebel tyd van Ingrid Winterbach, 'n Klein lewe deur Wilna Adriaanse en Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey deur Charl-Pierre Naudé wat in my geheue uitstaan. Soveel goeie gedigte deur soveel mind blowing digters: Sam Riviere, Jack Underwood, Emily Berry, Kaveh Akbar, Ocean Vuong …

The life-changing Magic of Showing Up

Dit was ook my eerste kennismaking met Big Magic deur Elizabeth Gilbert - 'n boek waarsonder ek nie my huidige kreatiewe lewe kan voorstel nie.

2018 was 'n emosionele een op google, en wragtig een vir die boeke op die leesfront. Daar’s later vanjaar 'n nuwe Elizabeth Gilbert op pad, en ek het ongeleesde Richard Powers, Olga Tokarczuk en Ingrid Winterbach-boeke wat op my rak staan en wag … ek hoop dit beteken dat ek met net soveel goeie herinneringe gaan terugdink aan 2025. Ek sal net dadelik moet begin planne maak vir baie meer vakansies …

Stuur hierdie Sondagaand-chaos vir iemand aan wat dit op ‘n Blou Maandag gaan waardeer.

Share

Indien jy nog nie so gemaak het nie, teken in en kry die nuusbrief gratis in jou inbox.

BIBLIOGRAFIE

  • Toorberg, Etienne van Heerden.

  • Sing Unburied Sing, Jesmyn Ward

  • All of Us - Collected Poems, Raymond Carver

  • Anything is Possible, Elizabeth Strout

  • Mama Tandoori, Ernest van der Kwast

  • In die skadu van soveel bome, Hennie Nortjé

  • Die woedende brood, Sheila Cussons

  • We the Animals, Justin Torres

  • Reborn - Journals and Notebooks, Susan Sontag

  • The Golden Compass - Philip Pullman

  • Pots and Poetry - Martin Versfeld

  • The Subtle Knife - Philip Pullman

  • The Amber Spyglass - Philip Pullman

  • o.a Daantjie Dromer - Jeanne Goosen

  • The Guardians - Sarah Manguso

  • nou, hier, Corné Coetzee

  • alles het niet kom wôd, Nathan Trantraal

  • In die stille agterkamer, Marlene van Niekerk

  • The Writing Life, Annie Dillard

  • Ready Player One, Ernest Cline

  • Gesant van die mispels, Marlene van Niekerk

  • Die sin van die hut, Gilbert Gibson

  • Radbraak, Jolyn Phillips

  • Hierdie Lewe, Karel Schoeman

  • Eleanor Oliphant is Completely Fine, Gail Honeyman

  • Difficult Gifts, Dawn Garisch

  • The Sport of Kings, C.E. Morgan

  • grond/santekraam, Ronelda S Kamfer

  • Kim Kardashian’s Marriage, Sam Riviere

  • The Silkworm, Robert Galbraith

  • Night Sky with Exit Wounds, Ocean Vuong

  • Happiness, Jack Underwood

  • Who is Mary Sue?, Sophie Collins

  • Dear Boy, Emily Berry

  • Calling a Wolf a Wolf, Kaveh Akbar

  • Sandkastele, André P Brink

  • Home Fire, Kamila Shamsie

  • Stranger, Baby, Emily Berry

  • Daemon Voices, Philip Pullman

  • The Idiot, Elif Batuman

  • Sight, Jessie Greengrass

  • Truitjie roer my nie, Schalk Bezuidenhout & Erns Grundling

  • When I Hit You, Meena Kandasamy

  • Huppelkind, WO Kühne

  • The Mermaid and Mrs. Hancock, Imogen Hermes Gowar

  • Dinge wat ek nie van skape geweet het nie, Jaco Jacobs

  • Penguin Modern Poets Two - Controlled Explosions, Michael Robbins, Patricia Lockwood, Timothy Thornton

  • Penguin Modern Poets Five - Occasional Wild Parties, Sam Riviere, Frederick Seidel, Kathryn Maris

  • Die hond wat ophou blaf het, Jo Nel

  • 12 Rules for Life, Jordan Peterson

  • Die tragiese saak van Pamina Vermaak, Annie Klopper

  • Wrok, Beyers de Vos

  • Soweto Under the Apricot Tree, Niq Mhlongo

  • Less, Andrew Sean Greer

  • The Teleportation Accident, Ned Beauman

  • Wat het geword van Dinsdag, Tinus Horn

  • Moon Tiger, Penelope Lively

  • Madiba Magic - Nelson Mandela’s Favourite Stories

  • Circe, Madeleine Miller

  • Red Clocks, Leni Zumas

  • Born a Crime, Trevor Noah (Audio)

  • Sondag, Irma Venter

  • Bossypants, Tina Fey

  • Poskaarte, Ronel Foster en Louise Viljoen

  • Women Who Run with the Wolves, Clarissa Pinkola Estes

  • Asof geen berge ooit hier gewoon het nie, Pieter Odendaal

  • The Night Circus, Erin Morgenstern

  • Penguin Modern Poets Three - Your Family, Your Body, Malika Booker, Sharon Olds, Warsan Shire

  • A Spy in Time, Imraan Coovadia

  • Penguin Modern Poets Four - Other Ways to Leave the Room, Kathleen Jamie, Don Paterson, Nick Laird

  • Loud and Yellow Laughter, Sindiswa Busuku-Mathese

  • Stof, Alettie van den Heever

  • Wat Binne Is, Jaco van der Merwe & Wikus de Wet

  • The Overstory, Richard Powers

  • The Water Cure, Sophie Mackintosh

  • Snap, Belinda Bauer

  • The Song of Achilles, Madeleine Miller

  • Die Daggaboer - Jean-Pierre de Kock

  • The Mars Room, Rachel Kushner

  • Conversations with Friends, Sally Rooney

  • Die goeie vrou en ander mites, Corlia Fourie

  • My Year of Rest and Relaxation, Ottessa Moshfegh

  • Normal People, Sally Rooney

  • Die troebel tyd, Ingrid WInterbach

  • Prooi, Deon Meyer

  • Sabrina, Nick Drnaso

  • The Yearning, Mohale Mashigo

  • Writers, Photographs by Nancy Crampton

  • Big Magic, Elizabeth Gilbert

  • Flights, Olga Tokarczuk

  • Collective Amnesia, Koleka Putuma

  • 21 Lessons for the 21st Century, Yuval Noah Harari

  • Some Trick, Helen deWitt

  • Karolina Ferreira, Lettie Viljoen

  • True Love - A Practice for Awakening the Heart, Thich Nhat Hanh

  • The Long Take, Robin Robertson

  • How to Love, Thich Nhat Hanh

  • 'n Klein Lewe, Wilna Adriaanse

  • The Subtle Art of Not Giving a Fuck, Mark Manson

  • Educated, Tara Westover

  • Little Fires Everywhere, Celeste Ng

  • The Book of M - Peng Shepherd

  • The Goldfinch, Donna Tartt

  • An American Marriage, Tayari Jones

  • The Book of Dust, Philip Pullman

  • Washington Black, Esi Eduguyan

  • Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey, Charl-Pierre Naudé

  • Unincorporated Persons in the Late Honda Dynasty, Tony Hoagland