Bibiliography
Soekenjin-saamlees
lees saam deur soekenjin 8: infanta
0:00
-2:11

lees saam deur soekenjin 8: infanta

Vriendskap, boeke wat jou knak ... en 'n sneaky Deon Meyer

Hanya Yanagihara se boek A Little Life is nie almal se koppie tee nie. Ek het al gehoor mense noem dit trauma porn, en ek het al baie weldeurdagte tirades teen die literêre meriete daarvan gelees en aangehoor. Ek het dit baie jare gelede gelees, en weet nie of ek weer daarvoor sal kans sien nie (ek was een van dié wat lelik gehuil het op meer as een plek in die vertelling) maar ek onthou my emosionele reaksie baie duidelik, en ek onthou steeds die grootste les wat ek daaruit geneem het: dat lewenslange vriendskap net soveel en méér vir 'n mens kan beteken as 'n romantiese verhouding. Dis 'n boodskap wat my lewe verander het, omdat dit my gehelp het om vriendskappe te prioritiseer, om meer intensioneel daaroor te wees en om 'n beter vriendin te wees.

Toe ek besef het dat Soekenjin 'n bundel gaan wees wat grootliks oor liefde, en die soeke na liefde gaan, was dit ook dadelik duidelik dat die liefde tussen vriende 'n deel van daardie narratief sou vorm. Ek het nie by al my vriende uitgekom nie, maar daar is 'n paar gedigte vir vriende in die boek, vir 'n begin. Hierdie een, wat die ongekompliseerde liefde tussen vriende, en die verrassende geskenke wat 'n vriendskap soms oplewer besing, is baie na aan my hart omdat dit ook oor 'n plek gaan waarmee ek 'n lewenslange band gevorm het.

Ek wil, en sal, nog meer oor vriendskap skryf, omdat dit steeds moontlik die mees heilsame, opwindende en wonderlike aspekte van my lewe bly. Ek het nog nie nuwe woorde gereed nie, hier is so paar aanhalings oor die onderwerp uit A Little Life:

Friendship was witnessing another’s slow drip of miseries, and long bouts of boredom, and occasional triumphs. It was feeling honored by the privilege of getting to be present for another person’s most dismal moments, and knowing that you could be dismal around him in return.

You won’t understand what I mean now, but someday you will: the only trick of friendship, I think, is to find people who are better than you are—not smarter, not cooler, but kinder, and more generous, and more forgiving—and then to appreciate them for what they can teach you, and to try to listen to them when they tell you something about yourself, no matter how bad—or good—it might be, and to trust them, which is the hardest thing of all. But the best, as well.

Wasn’t friendship its own miracle, the finding of another person who made the entire lonely world seem somehow less lonely?

(Ek het gister die nuwe seisoen van The White Lotus klaar gekyk - en die storie rondom die vriendskap tussen Jaclyn, Kate en Laurie was een van my gunstelinge. Ek dink mens kan Laurie se monoloog in die laaste episode ook hier aanhaal, maar ek is bang ek spoil iets vir iemand. Daar is na my mening geen ander TV-skrywer wat die gekompliseerde kant van “gewone” interpersoonlike vehoudings vasvang soos Mike White nie - en dit gee my net so kick om te weet hy het begin op Dawson’s Creek! White het ook, onder andere, School of Rock, The Emoji Movie en Pitch Perfect 3 geskryf - hoe is daai vir 'n career arc? )

Nog so paar aanbevelings, wat nie TV-reekse is nie - Wilna Adriaanse het ook 'n fantastiese boek geskryf wat 'n titel deel met A Little Life. 'n Klein lewe is die lewensverhaal van een vrou, maar ook 'n grepie Suid-Afrikaanse geskiedenis in die kleine. Ek dink nie dit is meer in druk nie - dit het in 2012 uitgekom. Maar soek daarvoor in die biblioteek, of kyk op Loot. Dis ook beskikbaar by 'n paar tweedehandse boekhandelaars op die internet - absoluut die moeite werd om dit op watter manier ook al in die hande te kry. Tweedens, Deon Meyer het 'n boek getiteld Infanta, as ek reg onthou was dit die eerste Deon Meyer wat ek ooit gelees het, en sedertdien lees ek hulle almal. En laastens, Tom Dreyer se Nou in infrarooi het ook ‘n gedig in getiteld “Infanta”. Dit het dieselfde jaar as Soekenjin die lig gesien, maar ons infantas is baie verskillend. Lees Tom se bundel ook, vir die volledige Infanta-experience ;)

Tot sover, tot volgende week.

BIBLIOGRAFIE

  • Adriaanse, Wilna. 'n Klein lewe. 2012.

  • Dreyer, Tom. Nou in infrarooi. 2023.

  • Meyer, Deon. Infanta. 2004.

  • Yanyagihara, Hanya. A Little Life. 2015.