[Disclaimer: Die video is chaotic. Dis soos daai classic Zoom calls op Live nuusuitsendings in die eerste weke van Covid… Verwag honde, wasgoed, shaky kamera-beweging wanneer bg. honde onder die duvet probeer inklim. Ek kan nie ophou lag nie en ek maak verskeie foute in die voorlesing - keeping it real in die Substack-tradisie van Patti Smith. Ek sal eendag 'n beter weergawe van hierdie poem record en 'n video edit, maar tot dan, this’ll have to do, pig.)
Op 'n manier is 'n Instagram account soos 'n external hard drive, of 'n memory stick. Ek probeer al heeldag iets oor 2018 onthou, want dit maak sin om oor 2018 te skryf saam met hierdie poem, right? Maar ek kan skaars onthou wat 18 dae gelede, vroeg in Januarie 2025 gebeur het - 2018 voel soos 'n ander land, 'n ander planeet, 'n ander lewe. 'n Vinnige deep dive op my boeke-Instagram het my geheue verfris. 2018 - dis alles daar op die public online memory stick.
Ek was 'n inwoner van Johannesburg en (for the most part) 'n vryskut joernalis. (Ek het seker ook TV-werk gedoen, want anders sou ek gevrek het van die honger.) Ek het 109 boeke gelees, skynbaar allerhande leesprojekkies gehad. Dit was die jaar toe Tony Hoagland dood is, toe The English Patient die Golden Booker Prize gewen het … en toe ek skynbaar DIE HELE JAAR lank vakansie gehou het. WT actual F: Ek was op vakansie in die noorde van KZN, in Mosambiek, op die tuinroete, in die Karoo, in Mauritius, in Kaapstad en in Bali. En toe kom ek gou huis toe om op die Overberg se beste strand rond te lê. Dit was 'n jaar van boeke, bikinis, en onbeskaamde R&R.






Geen toeval dat dit die jaar is waarin Otessa Moshfegh se My Year of Rest and Relaxation gepubliseer is nie. Die boek gaan oor 'n vrou wat haar level best probeer om 'n hele jaar lank te slaap. Ek het dit gelees (dis befok) en skynbaar gedink dis 'n selfhelpboek en nie 'n roman nie - ek het dit UITERS letterlik opgeneem.
(Ek wens ek het 'n finansiële dagboek gehou sodat ek in retrospek kan verstaan hoe ek dit als kon bekostig… Dit was duidelik ander tye.)
Ek was, toe ek die 2018 bibliografie saamstel (dis heel onder aan hierdie bladsy, just keep scrolling), verstom deur hoeveel uitstekende boeke ek daardie jaar vir die eerste maal gelees het. Van my all time favourites waaroor ek vantevore hier geskryf het soos The Overstory en Less. Circe deur Madeleine Miller, Anything is Possible deur Elizabeth Strout, The Idiot deur Elif Batuman … Ek het my eerste twee Sally Rooneys gelees (Conversations with Friends en Normal People), my eerste Olga Tokarczuk (Flights). Nog titels wat uitstaan wanneer ek terugkyk na die lys: Washington Black, An American Marriage, The Goldfinch, Educated.
Om in een jaar die besondere geluk te tref om beide Eleanor Oliphant is Completely Fine en The Night Circus vir die eerste maal te lees - can you imagine!


Philip Pullman was my skrywer van die jaar, met vier van sy romans en 'n ongelooflike versameling essays op my kerfstok in 2018. Daar was uitstekende Afrikaanse boeke, met Die troebel tyd van Ingrid Winterbach, 'n Klein lewe deur Wilna Adriaanse en Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey deur Charl-Pierre Naudé wat in my geheue uitstaan. Soveel goeie gedigte deur soveel mind blowing digters: Sam Riviere, Jack Underwood, Emily Berry, Kaveh Akbar, Ocean Vuong …
Dit was ook my eerste kennismaking met Big Magic deur Elizabeth Gilbert - 'n boek waarsonder ek nie my huidige kreatiewe lewe kan voorstel nie.
2018 was 'n emosionele een op google, en wragtig een vir die boeke op die leesfront. Daar’s later vanjaar 'n nuwe Elizabeth Gilbert op pad, en ek het ongeleesde Richard Powers, Olga Tokarczuk en Ingrid Winterbach-boeke wat op my rak staan en wag … ek hoop dit beteken dat ek met net soveel goeie herinneringe gaan terugdink aan 2025. Ek sal net dadelik moet begin planne maak vir baie meer vakansies …
BIBLIOGRAFIE
Toorberg, Etienne van Heerden.
Sing Unburied Sing, Jesmyn Ward
All of Us - Collected Poems, Raymond Carver
Anything is Possible, Elizabeth Strout
Mama Tandoori, Ernest van der Kwast
In die skadu van soveel bome, Hennie Nortjé
Die woedende brood, Sheila Cussons
We the Animals, Justin Torres
Reborn - Journals and Notebooks, Susan Sontag
The Golden Compass - Philip Pullman
Pots and Poetry - Martin Versfeld
The Subtle Knife - Philip Pullman
The Amber Spyglass - Philip Pullman
o.a Daantjie Dromer - Jeanne Goosen
The Guardians - Sarah Manguso
nou, hier, Corné Coetzee
alles het niet kom wôd, Nathan Trantraal
In die stille agterkamer, Marlene van Niekerk
The Writing Life, Annie Dillard
Ready Player One, Ernest Cline
Gesant van die mispels, Marlene van Niekerk
Die sin van die hut, Gilbert Gibson
Radbraak, Jolyn Phillips
Hierdie Lewe, Karel Schoeman
Eleanor Oliphant is Completely Fine, Gail Honeyman
Difficult Gifts, Dawn Garisch
The Sport of Kings, C.E. Morgan
grond/santekraam, Ronelda S Kamfer
Kim Kardashian’s Marriage, Sam Riviere
The Silkworm, Robert Galbraith
Night Sky with Exit Wounds, Ocean Vuong
Happiness, Jack Underwood
Who is Mary Sue?, Sophie Collins
Dear Boy, Emily Berry
Calling a Wolf a Wolf, Kaveh Akbar
Sandkastele, André P Brink
Home Fire, Kamila Shamsie
Stranger, Baby, Emily Berry
Daemon Voices, Philip Pullman
The Idiot, Elif Batuman
Sight, Jessie Greengrass
Truitjie roer my nie, Schalk Bezuidenhout & Erns Grundling
When I Hit You, Meena Kandasamy
Huppelkind, WO Kühne
The Mermaid and Mrs. Hancock, Imogen Hermes Gowar
Dinge wat ek nie van skape geweet het nie, Jaco Jacobs
Penguin Modern Poets Two - Controlled Explosions, Michael Robbins, Patricia Lockwood, Timothy Thornton
Penguin Modern Poets Five - Occasional Wild Parties, Sam Riviere, Frederick Seidel, Kathryn Maris
Die hond wat ophou blaf het, Jo Nel
12 Rules for Life, Jordan Peterson
Die tragiese saak van Pamina Vermaak, Annie Klopper
Wrok, Beyers de Vos
Soweto Under the Apricot Tree, Niq Mhlongo
Less, Andrew Sean Greer
The Teleportation Accident, Ned Beauman
Wat het geword van Dinsdag, Tinus Horn
Moon Tiger, Penelope Lively
Madiba Magic - Nelson Mandela’s Favourite Stories
Circe, Madeleine Miller
Red Clocks, Leni Zumas
Born a Crime, Trevor Noah (Audio)
Sondag, Irma Venter
Bossypants, Tina Fey
Poskaarte, Ronel Foster en Louise Viljoen
Women Who Run with the Wolves, Clarissa Pinkola Estes
Asof geen berge ooit hier gewoon het nie, Pieter Odendaal
The Night Circus, Erin Morgenstern
Penguin Modern Poets Three - Your Family, Your Body, Malika Booker, Sharon Olds, Warsan Shire
A Spy in Time, Imraan Coovadia
Penguin Modern Poets Four - Other Ways to Leave the Room, Kathleen Jamie, Don Paterson, Nick Laird
Loud and Yellow Laughter, Sindiswa Busuku-Mathese
Stof, Alettie van den Heever
Wat Binne Is, Jaco van der Merwe & Wikus de Wet
The Overstory, Richard Powers
The Water Cure, Sophie Mackintosh
Snap, Belinda Bauer
The Song of Achilles, Madeleine Miller
Die Daggaboer - Jean-Pierre de Kock
The Mars Room, Rachel Kushner
Conversations with Friends, Sally Rooney
Die goeie vrou en ander mites, Corlia Fourie
My Year of Rest and Relaxation, Ottessa Moshfegh
Normal People, Sally Rooney
Die troebel tyd, Ingrid WInterbach
Prooi, Deon Meyer
Sabrina, Nick Drnaso
The Yearning, Mohale Mashigo
Writers, Photographs by Nancy Crampton
Big Magic, Elizabeth Gilbert
Flights, Olga Tokarczuk
Collective Amnesia, Koleka Putuma
21 Lessons for the 21st Century, Yuval Noah Harari
Some Trick, Helen deWitt
Karolina Ferreira, Lettie Viljoen
True Love - A Practice for Awakening the Heart, Thich Nhat Hanh
The Long Take, Robin Robertson
How to Love, Thich Nhat Hanh
'n Klein Lewe, Wilna Adriaanse
The Subtle Art of Not Giving a Fuck, Mark Manson
Educated, Tara Westover
Little Fires Everywhere, Celeste Ng
The Book of M - Peng Shepherd
The Goldfinch, Donna Tartt
An American Marriage, Tayari Jones
The Book of Dust, Philip Pullman
Washington Black, Esi Eduguyan
Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey, Charl-Pierre Naudé
Unincorporated Persons in the Late Honda Dynasty, Tony Hoagland
Share this post